tuis blad home page
Polisiemanne van Pretoria sterf in helikopter ramp
 
Nichelle Lemmer
 
Pretoria is in rou gedompel na sewe polisielede, almal inwoners van Pretoria, Vrydag in ’n helikopterongeluk in Witbank dood is.
Kaptein Wikus Zaayman (31) en Adjudant Offisier Thinus Gouws (39) van die Pretoria-lugvleueleenheid en Kolonel Percy Maduna (39), bevelvoerder van die nasionale intervensie-eenheid, adjudant offisiere, Dirk van Aswegen (35) en Colin Davids (37), asook sersante Jacobus Henning (28) en Daniël de Bruin van nasionale intervensie-eenheid was in die helikopter toe dit skielik ontplof en, in Pine Ridge naby die Klarinet-plakkerskamp in eMalahleni neergestort het.
Volgens Brigadier Sally de Beer, word die oorsaak van die ongeluk steeds ondersoek maar ’n meganiese fout kan nie uitgeskakel word nie.
“Tot op hede is daar nie nuwe inligting oor die rede vir die ongeluk nie.”
Generaal Bheki Cele, nasionale polisiehoof, was op die toneel oomblikke na die ongeluk gebeur het, het dié dag as ’n swart Vrydag bestempel.
Die polisielede was van Pretoria na Witband op pad om hul kollegas in Witbank te help na ’n gyselaarsdrama glo in Witbank afgespeel het.
“Die verdagtes by die rooftog betrokke het egter oor die gyselaarsdrama gelieg,” sê Brig de Beer.
’n Gedenkdiens word by die Hatfield Christian Church in Pretoria Oos om 10:00 op 29 Julie gehou.
Back