Die Silver Valke rugbyklub in Silverton is reeds hard aan die oefen vir die taai Assupol Super 16 toernooi wat eersdaags begin. Deelname aan dié gesogde reeks beteken dat Silver Valke tel onder die top vier oopklubs by die Blou Bulle. Die bestuur van die Silver Valke glo dat hulle verlede seisoen bewys het dat hulle voldoen aan die standaarde om die uitdagings van moeilike reekse soos die Assupol Super 16 en die Carltonbekerreeks te trotseer. Met eersteliga klubrugby wat deesdae op semi- professionele vlak bedryf word, beskou Silver alke hulself as pasaangeënde leiers in dié nuwe era. Die klub het ’n baie sterk bestuurspan en hulle het vir die nuwe seisoen twaalf bekwame afrigters aangestel om te verseker dat baie hoë standaarde gehandhaaf sal word. Die klub se adres is Roestoffstraat 220 in Silverton. Oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae om 18:30 en die bestuur nooi alle belangstellende spelers om aan te meld. Veral o.21 spelers is welkom om by die klub aan te sluit. Vir meer besonderhede kan Henry van Wyk by 083 466 9016 geskakel word.
|